Meulsloot eiendomme – verklaring deur burgermeester

Eikestad Nuus artikel: http://www.netwerk24.com/ZA/Eikestadnuus/Nuus/oortree-lovers-lane-inwoners-20170808-2 

Verklaring van burgermeester: https://docs.google.com/document/d/1R3ScTWMNcYnjlfphJJlnTeU2dj4rMDeph9ggBHw_RsU/edit?usp=sharing

From: Andre D Pelser
Subject: Re: MEDIA VERKLARING – Meulsloot-eiendomme, ‘n ingewikkelde uitdaging
Date: 22 September 2017 16:32:38 SAST
To: Jan de Lange  (Eikestad Nuus)
Cc: Derrick Hendrickse
Middag Jan,

Dankie, ek het die verklaring ook intussen van die BM se kantoor gekry.
Die verwysing na die “regte” van oewereienaars is onrusstellend, maar ek wil nie die ondersoek vooruitloop nie.
Feit van die saak is dat mense die meulstroom, wat ’n nasionale bate is, in hulle privaat eiendom omhein het, in die proses die res van die gemeenskap en publiek die plesier van die meulstroom ontneem het. As jy daar met jou hond sou stap kan hulle nie uit die stroom drink nie, jy sal ook nie in sekere dele die stroom kan sien nie. Duidelik het die persone van universiteits- en munisipale kant wat by die sluiting van die ooreenkomste betrokke was, nie die regte prosesse gevolg in die goedkeuring van oortreding of toegewing nie – daar moes aan ’n openbare deelname proses gewees het waar alle belanghebbende en geaffekteerde partye die geleentheid gegun is om hulle mening daaroor uit te spreek.
Die SA publiek is siek en sat vir agterkamer ooreenkomste ten koste van die land en sy mense.
Die huidige situasie rus blyk die gevolg van ’n onregmatige proses te wees, wat reggestel behoort te word. Mens sou dink dat regdenkende mense nie ’n nasionale en gemeenskapsbate van die publiek sal weerhou nie en ’n selfsugtige houding daaroor ineem nie.
Miskien moet jy met Derrick Hendrickse in die verband praat, sy e-pos adres is hierbo.
Besetting en anneksering van publieke ruimte is ’n nasionale probleem, Stellenbosch behoort ’n goeie voorbeeld van eerbiediging en handhawing van sulke ruimtes daar te stel.
Ek vertrou dat onder leiding van die burgemeester, reg en geregtigheid sal geskied en dat ’n onwelkome presedent vermy sal word.
Groete,
Andre

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *