Vir Sondag se Rapport artikel en vorige artikels en die agtergrond studie oor die Meulsloot sien ask hierdie skakel:
https://drive.google.com/open?id=1c_2EDgvfnRkwYhWZXYGCngDe2qUfQx0Z
(Rapport artikel: https://drive.google.com/open?id=12h6h8RhPYFnZTCzEdlqEIU2ZDkQZm03X)
Die SBV se standpunt oor die Meulstroom is as volg:
– die Meulstroom is ’n nasionale gedenkwaardigheid;
– die hoort in die openbare domein en toeganklik te wees vir die publiek;
– heinings moet na die Noordelike oewer van die Meulstroom verskuif word en esteties aanvaarbaar wees;
– die meriete van die erf 1771 oorskrydings moet apart van die res van die Meulstroom situasie beregtig word ;
– uitbreiding van die erf 1771 ondersoek na die res van die Meulstroom kompliseer en vertraag die saak en is onwenslik, dié versoek het ooreenkomste met die Openbare Beskermer se Staatskaping ondersoek uitbreiding;
– openbare deelname prosesse is nie gesag vir ondermyning/omseiling van regmatigheid nie;
— die SBV hoop dat die betrokkenes die groter belang van die gemeenskap en die publiek bo eiebelang sal stel, as mede-inwoners van die groter Stellenbosch.
Groete
Andre Pelser
Voorsitter